"Die sneeu van die winter is op my hoof;

maar dis nog lente in my hart."

Victor Hugo

SILWERBRON - WESSELSBRON

Silwerbron Sentrum vir Bejaardes is waar jy in liefde en respek die gryse ouderdom kan betree. Silwerbron is geleë in Wesselsbron sowat 75km Suid van Bothaville en 50km noord-wes van Welkom. Wesselsbron is naby die Bloemhofdam, een van die grootste damme in ons land.

 

By Silwerbron het ons nie beurtkrag nie en het ons ʼn boorgat wat sorg dat ons altyd water het en die tuine ook mooi kan versorg. 

AKKOMMODASIE

Silwerbron Sentrum vir Bejaardes is soos 'n meenthuis opset. Die meeste behuisingsopsies is vir inwoners wie onafhanklik kan lewe, maar al die woonstelle het 'n paniekknoppie wat hulle onmiddellik toegang gee tot bystand deur versorg personeel.

DIENSTE

Silwerbron bied ʼn verskeidenheid dienste wat inwoners kan geniet. Hier is ʼn lys van sommige van die dienste wat aan inwoners gebied word. Laat weet ons gerus wat jou behoeftes is, want elke persoon se seisoen is uniek. Neem asseblief kennis dat addisionele fooie vir sommige van die dienste geld.

  • Medikasie toediening
  • Maandelikse vergeselling na die kliniek vir inwoners afhanklik van staatsmedikasie
  • Inwoners word na die hospitaal vir hernuwing van voorskrifte vergesel
  • Wasdienste
  • Skoonmaak dienste
  • 24 uur versorging
  • 3 etes per dag 7 dae ʼn week
  • Biblioteek
  • Haarsalon
  • Aktiwiteite soos jukskei, kaartspeletjies, Bybelstudie en bingo
  • Pendel bussie wat elke Donderdag na die dorp ry vir inkoper
parallax background